VIDEO: Mmusi Maimane maak self Kimberley-straat reg

Deel hierdie storie / Share this story

Maimane het self by Brandstraat ingespring om slaggate in die straat reg te maak.

“Ons probeer die gemeenskap en besighede help waar die ANC misluk het. Daarom is die DA vandag hier om die slaggate te herstel,” sê Maimane.

Voorts sê hy: “Ons wil hê besighede moet hier belê. So word daar werk geskep vir elke gesin. Verder moet geld op die infrastruktuur van die stad gespandeer word en nie op politici nie.”

“Ons wag al meer as 25 jaar vir verandering. Slegs wanneer die provinsie deur die DA onder leiding van Andrew Louw bestuur word, sal ons kan toesien dat die fondse van die regering reg benut word.”