Met die lang naweek wat voorlê, word vakansiegangers aangeraai om nie hulle persoonlike inligting of vakansieplanne op sosiale media en groepe te plaas nie.
“Dit is ’n risiko om jou persoonlike inligting op sosiale media en groepe te plaas. So kan kriminele vasstel wanneer jy jou huis verlaat en of daar mense gaan wees,” verduidelik Wickus Coetzee van Scorp Security.
Voorts sê hy: “Indien kliënte ekstra sekuriteit en gerusstelling wil hê terwyl hulle met vakansie weggaan, moet hulle die beheerkamer by 0823731235 of 0538611017 skakel.”



