Nuwe 20MVA-transformator installeer

Deel hierdie storie / Share this story

Die uitvoerende burgemeester van Kimberley, Patrick Mabilo, het die installasie en suksesvolle toets van ’n nuwe 20MVA transformator by die Carters Glen-substasie amptelik geopen.

P. Olifant, woordvoerder vir die burgemeester, sê: “Die transformator word plaaslik vervaardig en gaan die druk waaronder die Galeshewe-stasie geplaas word, verlig.”

Voorts sê sy inwoners van John Daka, Reviera, Club 2000 en Soul City, sowel as huidige en toekomstige elektriese projekte sal daarby baat.

Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Die transformator is installeer en getoets. Dit sal voor Junie aangeskakel word.”