Die Commander Obstacle cross race vind plaas by Weltevreden Guest lodge, ongeveer 30km buite Kimberley op die N8. Dit het op Saterdag 13 April plaasgevind en was ’n groot sukses.
Wenners van die 5.5km
- Calvin Immelman

2) Marco Broere

3) Frederick Daniel Louw

Wenners van die 11km
- Dirk Thomas

2) Hein Junius

3) Hester Du Toit

Commander OCR wil graag geluk sê aan elke deelnemer en dankie aan ons borge wat help om die sport te bevorder – Cell C, NTLO Signs, Waterboy, ER24, Arne Seaman Realtors, DFA en FiND iT.
Commander OCR hou elke maand ’n resies. Almal is welkom, maak nie saak hoe fiks of onfiks iemand is nie. Dis groot pret om dit ook saam met vriende te doen. Die baan is ook beskikbaar vir spanbou of jaareind-funksies. Registrasies of navrae kan aanlyn gedoen word by www.commanderocr.co.za.



