Jellytots gebruik nuwe leerprogram

Deel hierdie storie / Share this story

Appa van Wyk, die eienaar van Jellytots-kindersorgsentrum, het aan FiND iT bevestig dat hulle laasweek Maandag met die Cairoo-program begin het.

“Ons het die program vir die ouderdomsvlakke van graad R tot en met graad 7 aangekoop, alhoewel dit hoofsaaklik is vir leerders van graad 3 en hoër,” verduidelik hy.

Evalueringstoetse

“Die program gee elke leerder die kans om ‘n evalueringstoets te doen wanneer hulle die program vir die eerste keer gebruik, sodat ons kan sien waar die kind sukkel en meer hulp nodig het. Hierdie program help ook leerders gereed maak vir die hoërskool in vakke soos Engels, Afrikaans en wiskunde.”

Reeds ‘n verbetering

Verder sê hy dat hulle reeds ‘n verbetering in die wiskunde kan sien na die week, alhoewel hulle die program nog net twee keer aangebied het. “Toe die leerders begin, was die gemiddeld vir wiskunde 38%, maar na net ’n week kry die leerders vir dieselfde oefening nou tussen 61% en 72%.”

Toekomsplanne

“Van die ouer kinders geniet die oefeninge, maar van die jonger kinders trek swaar, omdat dit leer is en nie meer speletjies is nie. Ons toekomsplanne is om dit meer gereeld aan te bied en te kyk ons na die opsie van tussen vier en ses keer per week,” sê hy.

Foto: Facebook