Hoeveel flaminke is uit die Noord-Kaap?

Die departement van natuurbewaring weier om permitte vir die klein flaminke van Kamfersdam, wat gered is, aan die media te verskaf.

Lesego Pule, woordvoerder vir die departement, sê aan FiND iT al is hy die woordvoerder van dié departement, “hoef” hy nie permitte aan die media bekend te maak nie.

Pule wou nie die vraag oor hoeveel flaminke altesaam die provinsie verlaat het, antwoord nie. Hy sê dit is al bekend gemaak.

Na wat verneem word, is ongeveer 3 000 klein flaminkkuikens van dié pan verwyder om hulle te red nadat sommige van die broeipare die pan verlaat het.

Mike Bolhuis, privaat-ondersoeker van Pretoria, het intussen gesê hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir die flaminke.

“Eers nadat ek die projek aangevat het, het die publiek ingegryp. En met die bewusmaking kon ons die organisasies en owerhede betrek,” verduidelik Bolhuis.

Bolhuis het gesê daar is tans 1 000 jong flaminke in sorg.

Slegs gesonde flaminke sal vrygelaat word

“Ons permit is nog vir die volgende twaalf maande geldig, maar slegs diere wat perfek is, wat beteken hulle het geen defekte of siektes nie, sal weer vrygelaat word.” Bolhuis het die eerste permit wat hy bekom het, aan FiND iT gestuur.

Die flaminke is na 10 organisasies, regoor vier provinsies, gestuur.

Dit is: Mike Bolhuis, National Zoological Gardens Pretoria, Vulpro, World of Birds, Sankub, Ushaka Marine World, University of Pretoria: Faculty of Veterinary Science, Lory Park Zoo, Montecasino Bird Gardens en die Kimberley-DBV.

Bolhuis doen ondersoek

Bolhuis het gesê hy doen self ’n ondersoek sodat geregtigheid oor hierdie ramp kan geskied. Hy wil uitvind wie was verantwoordelik vir Kamfersdam se flaminke en hoekom ’n ramp van hierdie skaal gebeur het.

Salmonella wis meeste uit by Sankub

Katta Ludynia, ’n besturende navorser by Sankub, sê meeste van die voëltjies by Sankub is dood aan salmonella. “In die toekoms moet verskeie aspekte heroorweeg word voordat so ’n reddingspoging aangepak word om die oorlewing van die spesie te verseker.”

Moet reddingspoging beter koördineer

“Eerstens moet ons vra is die reddingspoging nodig vir die bewaring van die spesie? Ander opsies moet oorweeg word wat byvoorbeeld nie noodwendig die voëls onder die sorg van die mens plaas nie. Die spesifieke behoeftes van die dier moet in ag geneem word en ingestel word voordat die eerste behandeling gehandhaaf word. In hierdie geval is die flaminkkuikens vroegtydig gevoer. Waarskynlik kon die aanvanklike reddingspoging beter gekoördineer gewees het, wat ’n laer sterftesyfer kon verseker.”

Bolhuis se outopsies gesteel

Bolhuis sê hy het outopsies gereël vir die kuikens wat dit nie gemaak het nie, maar die eerste stel toetse van die flaminkkuikens wat by hom in sorg was, het geen tekens van salmonella gewys nie. “Die resultate van opvolgoutopsies het weggeraak nadat die skootrekenaar waarop die resultate gestoor was gedurende ’n motorinbraak gesteel is.”

Hervestig en versorg

Saam Staan Kimberley het die reddingspoging in Kimberley gekoördineer en geld ingesamel om die flaminke te hervestig en te versorg.

FiND iT het navrae aan Saam Staan Kimberley gerig waarin gevra is hoeveel geld al vir die flaminke ingesamel is, hoeveel flaminke tans by die DBV in Kimberley versorg word, hoeveel flaminke altesaam gered is, waarvoor die geld wat ingesamel word aangewend word en wat is die pad vorentoe vir die flaminke.

Saam Staan wou nie die vrae beantwoord nie

Die minister van natuurbewaring, Nomvula Mokonyane, en die LUR vir natuurbewaring in die Noord-Kaap, Pauline Williams, het die betrokke partye bedank vir hulle spoedige optrede en bydrae tot die langtermyn oplossing vir Kamfersdam se flaminke.

Lees ons vorige artikels, “Ek gaan helse ondersoek doen” – Mike BolhuisKlein flaminke slagoffers van Sol PlaatjeFlaminkkuikens nou net geland op Wonderboom, PretoriaKommer oor hantering van flamink-tragedie en Flamink-tragedie weens menslike inmenging.

Een permit aan media vrygestel

Flamink-foto’s

1 thought on “Hoeveel flaminke is uit die Noord-Kaap?

  1. I think this has been a wonderful effort by all the groups participating in this rescue. I am sure it has also been a tremendous learning experience for these groups that will make future plans easier and systems for even faster and more effective methods for future similar happenings.
    I have been very concerned about the Kamfer dam flamingoes over the past few years. When I heard about them starting to breed on the side of the dam I suggested that this area should immediately be fenced off against human and other predators. There were plans to resurrect the island on which they bred initially but I think a good fence would be a far better option. Eventually a hide could be placed overlooking the colony so that visitors could enjoy this colourful spectacle. Of course the main concern right now should be the improvement of the water works.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: