Onwettige myners brand glo vragmotor van Ekapa uit

‘n Vragmotor van Ekapa-myn is na bewering nounet in Kimberley by die Samaria-pad (Hullstraat) deur onwettige delwers aan die brand gesteek.

Kobus Bester, ‘n leser, sê aan FiND iT hy was op pad Midas toe. “Die vragmotor het in die pad gestaan. Ek het gesien die bestuurder is uit die vragmotor uit. Hy het gelukkig weggekom. Mense het in hordes uit die veld uit hulle plakkerskampe gehardloop en brandende goed in die vragmotor gegooi.”

Bester sê hy het ‘n redelike ent daarvan af gestaan. Die polisie het op die toneel aangekom en hy het gery.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê aan FiND iT die polisie was vinnig op die toneel en die verdagtes het weggehardloop.

“Dis onwettige delwers wat die drade van die omheining van Ekapa geknip het. Die polisie het hulle uitmekaar gedryf. Die onwettige delwers het al (begin moeilikheid maak) in Greenpoint. Hulle het toe een van die vragmotors van Ekapa aan die brand gesteek.”

Jansen sê die polisie hou die gebeure dop en is op bystand vir as nog geweld uitbreek.

1 thought on “Onwettige myners brand glo vragmotor van Ekapa uit

  1. Dit is nou wat gebeur as jy met n regering sit wat meer doen om onwettige aktiwiteite te steun as om wet en orde toe te pas. Daai mense moes lankal almal gearresteer gewees het, maar hulle laat eerder toe dat derduidende Rande se skade aangerig word aan maatskappye en mense se infrastruktuur wat geld vir die land inbring en nie die land net geld kos soos die mense nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: