KIMBERLEY. – Twee jong leerders van Laerskool Staats is genooi na die nasionale finaal van die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie.
Hierdie finaal het op 3 en 4 Oktober by Laerskool Midstream Ridge plaasgevind.
Amoré van der Merwe (gr. 3) en Beaunique Abrams (gr. 4) is die enigste twee leerders van die Noord-Kaap wat in hulle onderskeie grade deurgedring het na die English Individual Prepared-redenaars.
“Amoré het vyfde in haar afdeling geëindig en Beanuique het eerste in haar afdeling geëindig,” sê Adelé van der Merwe, Amoré se ma.
“Ons as ouers is bitter trots op hierdie twee Staatsies!”




