Aardbewing tref dele van Gauteng

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis

GAUTENG. – ’n Aardbewing van 3.5 het gisteraand dele van Gauteng getref.

Die episentrum van die aardbewing was in Soweto, maar volgens Volcano Discovery kon dit selfs in Rustenburg gevoel word.

Dit volg skaars ’n maand na ’n 2.5-aardbewing in Johannesburg voorgekom het.

Geen beserings of skade is aangemeld nie.

Bronne: The Citizen, News Central TV, VN Explorer

Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis