Musieklegende Toby Keith oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Brandstofprys vir Februarie bekend

VSA. – Die Amerikaanse country-musieklegende Toby Keith, bekend vir treffers soos Should’ve been a cowboy en Beer for my horses is gisteraand in die ouderdom van 62 oorlede. Hy is voorheen gediagnoseer met maagkanker.

Keith, wat vir 30 jaar gesing het, het voorheen gesê hy het chemoterapie, radiasie en operasies ondergaan in sy stryd teen die siekte. Hy het gesê hy is “gemaklik met wat ookal gebeur”.

Die verklaring op sy webtuiste het gesê hy het met “grasie en waardigheid teen die siekte geveg”. Sy laaste treffer was Don’t let the old man in, geïnspireer deur die ikoniese woorde van Clint Eastwood.

Hy word oorleef deur sy vrou en drie kinders.

Bronne: BBC, Smooth Radio, TMZ

Lees ook: Brandstofprys vir Februarie bekend