Ses polisiebeamptes na bewering deel van taverne-roofbende

Deel hierdie storie / Share this story

BRITS, NOORDWES. – Ses polisiebeamptes maak deel uit van agt beskuldigdes wat elk R2 000 borgtog gekry het toe hulle Donderdag in die Brits-landdroshof op aanklagte van sakeroof, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer, verskyn het.

Volgens brig. Sabata Mokgwbane, Noordwes-polisiewoordvoerder, is die individue Woensdag in hegtenis geneem. Dit volg na ’n sakeroof wat op Vrydag 15 Desember by ’n taverne in Newton, Mmakau plaasgevind het. Hy sê dat een van die verdagtes ’n gemerkte polisievoertuig ten tye van die rooftog bestuur het.

Die eienaar van die taverne is na bewering aangerand en van minstens R60 000 beroof.

Hulle volgende hofverskyning sal op 28 Februarie 2024 wees.

Bronne: IOL, SA Breaking News, Twitter