Lees ook: Fase 6-beurtkrag begin om 12:00
TSHWANE. – ’n Brand het gister by die Eugene Marais-hospitaal uitgebreek. Noodwerkers het gesê die brand is deur ’n kragopwekker op die grondvloer veroorsaak.
Die kragopwekker was weens beurtkrag in gebruik. Die brand is geblus en slegs die kragopwekker is beskadig.
Altesaam 20 pasiënte is na ’n ander deel van die hospitaal ontruim, maar geen beserings is aangemeld nie.
Dit is nie duidelik waarom die kragopwekker aan die brand geraak het nie.
Bronne: eNCA, TimesLIVE, The Citizen
Lees ook: Fase 6-beurtkrag begin om 12:00



