Pogings om vasgekeerde mynwerkers te red duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Indiese mynwerkers vir eerste keer in dae in video gesien

INDIЁ. – Die boorwerk om die 41 Indiese werkers wat sedert 12 November in ’n tonnel vasgekeer is te red, gaan voort. Die tonnel het na ’n grondverskuiwing op die werkers meegegee.

Pype is aangelê en word gebruik om vir die werkers kos, water, medisyne en suurstof te stuur.

Owerhede het gesê die werkers behoort in die volgende drie dae gered te word as daar nie nog vertragings plaasvind nie.

Die boorwerk behoort teen 24 November klaar te wees en die werkers gered word.

Bronne: BBC, Money Control, Wion News

Lees ook: Indiese mynwerkers vir eerste keer in dae in video gesien