Man in hegtenis vir besit van kinderpornografie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman skuldig bevind aan seksuele aanranding op seun

UMBILO, KZN. – ’n Man (60) is gister in hegtenis geneem na hy in glo besit gevind is van duisende pornografiese foto’s en video’s van kinders.

Hy vorm deel van die 27 aanlyn seksuele misdadigers wat in Suid-Afrika geïdentifiseer is deur die internasionale operasie deur die SAPD en die VSA-departement Homeland Security.

Dis die vierde verdagte wat hierdie week in hegtenis geneem is na drie ander in Gauteng aangekeer is.

Die saak teen die ander drie is uitgestel vir verdere ondersoek en borgaansoeke.

Die mans, tussen 43 en 61 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Bronne: SABC, Algoa FM, EWN

Lees ook: Drie verdagtes vir aanlyn kinderverwante seksuele oortredings vasgetrek