Lees ook: Google Maps gaan nie meer besoekers deur informele nedersettings stuur nie
KAAPSTAD. – Die Nyanga-gemeenskapspolisieforum het Google Maps se besluit om die Nyanga-roete van die toep te verwyder, verwelkom.
Die besluit om Nyanga van die toep te verwyder, volg na verskeie toeriste in die omgewing geskiet is na hulle deur Google Maps daarheen gelei is. Verskeie mense is ook beroof en met klippe gegooi.
Die sekretaris-generaal van die Nyanga-gemeenskapspolisieforum het gesê Google Maps se besluit gaan hulle baie help om die misdaadsyfer te verminder. Hy het ook gesê dit is vir inwoners sleg om te hoor wat met die slagoffers gebeur en hulle moet bly in die informele nedersetting waaraan so ‘n stigma verbind is.
Hy het ook gesê owerhede moet met Facebook in gesprek tree, want advertensies op Facebook Marketplace veroorsaak dat mense beroof word. Hy het gesê alle advertensies vir Nyanga en Philippi moet van Facebook verwyder word.
Bronne: IOL, News2, Cape Town ETC
Lees ook: Google Maps gaan nie meer besoekers deur informele nedersettings stuur nie



