Phala Phala-roofverdagtes bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Dis ’n man en ’n vrou’ sê Valke oor verdagtes in hegtenis vir Phala Phala-roof

BELA-BELA. – Die twee verdagtes in die Phala Phala-roofsaak sal Vrydag weer in die hof op Bela-Bela vir hulle borgaansoek verskyn.

Imanuwela David (39) en Frolina Joseph (30) het gister in die hof verskyn op vier aanklagtes, insluitend: huisbraak en diefstal.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle miljoene Amerikaanse dollars in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas gesteel het.

Die verdagtes sal eers in aanhouding bly.

Bronne: eNCA, SowetanLIVE, IOL

Lees ook: ‘Dis ’n man en ’n vrou’ sê Valke oor verdagtes in hegtenis vir Phala Phala-roof