Elon Musk loods eie KI ‘chatbot’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Bongi Mbonambi sê Engeland is ‘onprofessioneel’ oor Curry-beskuldiging

Elon Musk het onlangs sy eie KI chatbot genaamd Grok op sy sosialemediaplatform X, voorheen Twitter, geloods.

Grok is tans net vir sekere gebruikers beskikbaar. Musk het gesê Grok is tans “die beste KI wat bestaan”.

Musk het gespog Grok is “lief vir sarkasme” en antwoord vrae met “’n bietjie humor”. Hy het ook gesê die bot sal vrae antwoord wat ander AI-sisteme weier om te antwoord.

Musk het in ’n demonstrasie gewys hoe hy Grok vra vir ’n stap-vir-stap verduideliking van hoe om kokaïen te maak. Grok het sarkasties geantwoord met inligting wat nie gebruik kan word nie en het daarna ‘n waarskuwing teen die idee gegee.

Bronne: BBC, Metro, Briefly

Lees ook: Bongi Mbonambi sê Engeland is ‘onprofessioneel’ oor Curry-beskuldiging