Lees ook: Malema probeer hof oortuig om aanklagtes teen hom te laat vaar
OOS-LONDEN. – Julius Malema en sy lyfwag, Adriaan Snyman, se prokureurs het in September aansoek gedoen dat die vuurwapensaak teen hulle laat vaar word. Die hof het die aansoek van die hand gewys en die saak sal in Julie 2024 aangaan.
Malema en Snyman is aangekla na Malema glo met ’n vuurwapen tydens die EFF se bestaansjaarviering in 2018 geskiet het. Daar is video’s geneem wat op sosiale media versprei het waarin Malema glo met ’n vuurwapen in die lug skiet.
Malema se prokureurs het gesê daar is nie genoeg bewyse teen Malema nie, daar was geen ooggetuies nie en die egtheid van die video’s word bevraagteken.
Landdros Twanet Olivier het gesê “Net om te sê dit was nie ’n regte geweer nie, maak dit nie waar nie” en die saak is uitgestel tot volgende jaar.
Bronne: IOL, EWN, News24
Lees ook: Malema probeer hof oortuig om aanklagtes teen hom te laat vaar



