Lees ook: Man dood na skare hom aanval
PRETORIA. – ’n Man wat homself as ’n dokter voorgedoen het, is gister weer in hegtenis geneem na hy verlede week uit polisieaanhouding ontsnap het.
Kingsley Leeto Chele is vroeër die maand op bedrogaanklagtes in hegtenis geneem na hy homself op Facebook as ’n dokter of apteker voorgedoen het om na bewering mense se geld te steel. Hy het mediese personeel op Facebook gekontak en oortuig om geld in projekte te belê wat nie bestaan nie. Twee sake van bedrog is in Sunnyside en Klipgat in Junie teen hom gemaak. Hy is op 2 Oktober in hegtenis geneem.
Hy het verlede Woensdag ontsnap, maar is gister weer aangekeer. Hy sal die week in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Bronne: EWN, The Africa, IOL
Lees ook: Man dood na skare hom aanval



