Polisie op soek na man wat glo psigiatriese pasiënt verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man dood na skare hom aanval

DURBAN. – Die polisie op Port Shepstone is op soek na ’n man wat glo ’n psigiatriese pasiënt verkrag het.

Xolani Milton Mbambo (41) het glo ’n vrou by ’n mediese fasiliteit in Scottsburgh op 8 April 2021 verkrag. Mbambo moes haar neem om X-strale te gaan neem toe hy die slagoffer na ’n ander gebou geneem en haar glo daar verkrag het. Die verdagte het uit die gebied gevlug toe hy uitvind die polisie is op soek na hom.

’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en die polisie het die gemeenskap se hulp gevra om die verdagte op te spoor.

Bronne: SAPS

Lees ook: Man dood na skare hom aanval