*PERSVERKLARING
Die Demokratiese Alliansie (DA) oefen druk uit op Sol Plaatje-munisipaliteit om die voortdurende waterontwrigting en lae waterdruk wat in sommige gebiede van Kimberley ervaar word, aan te spreek.
Heinrich Pieterse, Rdl. – DA-koukusleier het gesê: “Ons sal gebruik maak van die opkomende komitee vir nutsdienste, wat vir Woensdag geskeduleer is, om die munisipaliteit se skending van die basiese reg op water uit te lig, insluitend die impak van die watertekorte op huishoudings, besighede, ouetehuise en skole.”
“Om die impak te help versag, het die DA versoek dat ’n JoJo-tenk by die munisipale kantore oorkant die brandweerstasie geplaas word en dat minstens een platbakvragmotor, met ’n JoJo-tenk, geredelik beskikbaar is om water op kort kennisgewing te voorsien.”
“Ons het ook weer ons reg en plig as raadslede bevestig om oorsig te hou by die verskillende watervoorsiening-infrastruktuurpunte om enige inligting wat verskaf is, te bevestig en om die gemeenskap op hoogte te hou van die stand van die genoemde infrastruktuur. In hierdie verband toon ons deurlopende oorsig dat die reservoir op ‘n aanvaarbare maar nie gewenste vlak is nie. Nagtelike afsluitings sal dus voortgaan om te verseker dat alle opvanggebied reservoirs by die Newton Reservoir op volle kapasiteit is om enige noodwaterontwrigting te versag.”
“Na gesprekke met die stadsbestuurder (MB) kan die DA verder rapporteer dat kleppe langs die watertoevoerlyn dalk wisselvallige watertoevoer na hoogliggende gebiede veroorsaak, veral naby die reservoir. Die MB het ook bevestig dat die munisipaliteit ‘n waterinfrastruktuurspesialis gekontrakteer het om die munisipaliteit te adviseer en bystand te lewer, na voltooiing van ‘n evaluering van die stad se waterinfrastruktuur en die redes vir die stilstand.”
“Die DA eis ook dat die MB en sy span openbaar watter planne in plek is om ‘n betroubare, volhoubare voorsiening van skoon water aan die inwoners van Sol Plaatje te herstel, om enige noodgeval of beplande watersluiting vir die res van 2023 te voorkom.”
*PERSVERKLARING
Lees ook: Kai !Garib moet pensioengeld terugbetaal



