Hamas dreig om gyselaars dood te maak as Israel burgers aanval

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel verklaar oorlog teen Hamas

ISRAEL. – Hamas het Saterdag minstens 170 mense ontvoer toe hulle Israel aangeval het. Meeste van die ontvoerdes is vrouens, kinders en ou mense, maar daar is ook soldate onder hulle.

Hamas het gister gesê hulle sal een van die gyselaars doodmaak elke keer as Israel Palestynse burgers sonder waarskuwing aanval.

Die dodetal in die konflik staan op meer as 1 200 en sal na verwagting aanhou styg.

Israel het weer beheer oor die Gaza-grens en het myne geplant waar die Hamas-militante deur die grens gebreek het.

Bronne: Euronews, Reuters, The Guardian

Lees ook: Israel verklaar oorlog teen Hamas