Ierse rugbyaanhanger sterf na uitbraak van botulisme tydens Wêreldbekerrugby

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Waarskuwing uitgereik oor damme wat kan ingee in Libië

BORDEAUX, FRANKRYK. – ‘n Ierse rugbyaanhanger is verlede Dinsdag oorlede na ‘n uitbraak van botulisme by ‘n wynkroeg in Bordeaux.

Marie Grypioti en haar man het sardientjies by die wynkroeg geëet. Albei het siek geword en Marie het gesterf. Haar man is steeds in die intensiewesorgeenheid van ‘n Parys-hospitaal.

Marie en haar man was besig om Ierland se oorwinning teen Roemenië te vier by ‘n restaurant toe hulle die besmette kos geëet het. Sy en haar man is slegs vier maande gelede getroud en sou binnekort op hulle wittebrood gaan.

Die eienaars van die kroeg word ondersoek vir onwillekeurige manslag, onwillekeurige beserings en die verkoop van besmette kos. Hulle kan tronkstraf van drie tot vyf jaar en boetes tussen €45,000 en €60,000 opgelê word.

Bronne: Irish Star, Idependent, Extra

Lees ook: Waarskuwing uitgereik oor damme wat kan ingee in Libië