Hoërskool Diamantveld bied, in samewerking met Noord-Kaap krieketunie, vir die eerste keer ‘n topgehalte skolekriekettoernooi aan.
Nege topskole van regoor die land neem aan hierdie toernooi deel wat die volgende skole insluit: Grey Kollege Bloemfontein, Saint Andrews Bloemfontein, Paarl Boys’ High, Potchefstroom Volkskool, Hoërskool Noord-Kaap, Hoërskool Kalahari, Noord-Kaap HUB-span, Carlton van Heerden en die gasheer, Hoërskool Diamantveld.
Elke skool bring ‘n totaal van twee spanne wat ‘n o/15 en ‘n o/19 span insluit. Die openingswedstryd vind 22 September 2023 plaas tussen Hoërskool Diamantveld en Grey Kollege. Die toernooi fokus nie net om goeie vermaak en krieket ten toon te stel nie, maar ook om krieket te ontwikkel in die Noord-Kaap. Hoërskool Diamantveld is saam met die gemeenskap opgewonde om hierdie toernooi aan te bied.



