Sandra Bullock se lewensmaat sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekroonde aktrise Sandra Bullock se jarelange lewensmaat, Bryan Randall, is in die ouderdom van 57 jaar oorlede.

“Dit is met groot hartseer dat ons deel dat Bryan Randall op 5 Augustus vreedsaam oorlede is na ‘n drie jaar lange stryd met ALS,” het sy familie Maandag in ‘n verklaring aan People gsê.

“Bryan het gekies om sy reis met ALS privaat te hou, en dié van ons wat vir hom omgegee het, het ons bes gedoen om sy versoek te eerbiedig.”

“Ons is baie dankbaar vir die onvermoeide ywer van dokters wat saam met ons die landskap van hierdie siekte navigeer het en vir die verstommende verpleegsters wat ons kamermaats geword het, wat dikwels hul eie gesinne opgeoffer het om by ons s’n te wees,” het sy familie bygevoeg.

Amiotrofiese laterale sklerose (ALS) is volgens die Mayo-kliniek ‘n siekte van die senuweestelsel wat verlies van spierbeheer veroorsaak en met verloop van tyd vererger.