Vyf verdagtes gesoek na huisaanval

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf verdagtes word vir ‘n huisinbraak, diefstal en aanrandig gesoek.

Die voorval het Woensdagoggend in Primrose-rylaan in Southridge KZN plaasgevind.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) het om 08:03 op die toneel aangekom waar die oprithek van die spoor afgehaal is.

Daar is vasgestel die rowers het die huis binnegegaan en ‘n 49-jarige vrou, haar 79-jarige ma en haar huiswerker vasgebind.

Die verdagtes het glo ‘n goue ketting van die vrou se nek afgeruk waarna sy haar oorbelle aan hulle gegee het. Sy is ook tydens die voorval aangerand.

Die verdagtes het in ‘n wit Toyota Etios gevlug.