KwaZulu-Natal beleef erge renosterstropery

Deel hierdie storie / Share this story

KwaZulu-Natal is die provinsie wat die afgelope ses maande die swaarste deur renosterstropery getref is.

Volgens die minister van omgewingsake, bosbou en vissery, Barbara Creecy, is daar in die eerste ses maande van 2023 ongeveer 231 renosters doodgemaak, waarvan 143 in KwaZulu-Natal.

Creecy sê ’n toegewyde aanklaer is aangestel om spesifiek stroperyverwante sake in die provinsie te hanteer.