Lees ook: Polisie monitor Riverlea na betogings gister
‘n Nuut-aangestelde Ugandese landdros is afgedank na hy glo soos ‘n vrou aangetrek het om sy meisie se eksamen vir haar te skryf.
Ssemwogerere Ammaari Musa is in hegtenis geneem en word aangekla op twee aanklagtes van vervalsing en een van nabootsing.
Musa, onder die naam Anthony Mukisa, het die Bar Course-eksamen vir Irene Mutonyi in Lira probeer skryf. Die saak is by die polisie aangemeld en hy is in hegtenis geneem. Hy het reeds in die hof verskyn en sal weer op 3 Augustus verskyn.
Bronne: IOL, Legit, The Nigeria Laywer



