Lees ook: Verdagte doodgeskiet tydens inhegtenisneming
‘n Man is Donderdag in KwaZulu-Natal doodgeskiet by ‘n restaurant se deurry.
Die man (32) was glo besig om kos te koop by die deurry in Inandapad in Hillcrest toe ‘n ander voertuig langs hom stilgehou het.
Die slagoffer en verdagte het uit hulle voertuiegeklim en ‘n argument het ontstaan, waarna die verdagte die slagoffer geskiet het. Die slagoffer, van Claremont, is in die bors geskiet en is op die toneel oorlede.
Bronne: IOL, Flipboard, Facebook



