Hermanus-inwoners verwag burgemeester moet alle buitelanders binne 14 dae verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Meisie naby Hermanus verkrag en vermoor, 600 buitelanders ontruim

Inwoners van Hermanus en Operation Dudula het ‘n memorandum aan burgemeester Annelie Rabie oorhandig met die eis dat buitelanders uit Zwelihle- informele nedersetting verwyder word.

Dit volg na die ongeïdentifiseerde liggaam van ‘n tiener op 28 Junie in ‘n veld gekry is.

‘n Buitelander is ondervra, maar is vrygelaat die dag waarop hy in die hof sou verskyn. Inwoners van Zwelihle het buitelanders begin aanval en sommige van die buitelanders het getrek.

Operation Dudula se streekssekretaresse Zodwa Tukulula het gesê daar was meer as 120 handtekeninge op die memorandum. Die eis is dat die burgemeester binne 14 dae moet reageer dat buitelanders verwyder moet word.

Bronne: IOL, Flipboard, Twitter

Lees ook: Meisie naby Hermanus verkrag en vermoor, 600 buitelanders ontruim