Die sangeres, Amor Vittone, se pa Dario is kort voor 13:00 vanmiddag oorlede.
Dario het verlede Maandag ‘n hartomleiding ondergaan, wat aanvanklik ‘n sukses was, maar toe hy nie wakker word nie, het skanderings bevind dat hy ‘n beroerte gehad het. Sy het op haar Facebook-blad geskryf dat “Jesus haar pa kom haal het.”



