Lees ook: Jacob Zuma ‘sal eers terugkom wanneer sy Russiese dokters sê hy mag’
Die polisie het ’n voertuig wat gesteel is en Januarie in ’n ontvoering in Kemptonpark gebruik is, gekry.
Polisielede in Sasolburg het inligting ontvang van ’n sekuriteitswag oor ’n gesteelde voertuig by die Sasolburg Boulevard-mall. Die Toyota Yaris is by die deurry van ’n restaurant gekry en afgetrek. Die bestuurder kon nie verduidelik waar hy die voertuig gekry het nie. Dit is bevind die voertuig is in Januarie in Kemptonpark gesteel en vir ’n ontvoering op 10 Januarie gebruik.
Die bestuurder (50) is in hegtenis geneem en beboet omdat hy sonder ’n lisensie bestuur het. Hy word aangekla van die besit van ’n gesteelde voertuig. Sy betrokkenheid in die diefstal en ontvoering word ondersoek.
Bronne: SAPS
Lees ook: Jacob Zuma ‘sal eers terugkom wanneer sy Russiese dokters sê hy mag’



