KYK: Riaan Benade se boodskap vanuit hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

Riaan Benade, wat op die jong ouderdom van 31 ‘n beroerte gehad het, het ‘n boodskap vir sy aanhangers vanuit sy hospitaalbed gemaak.

Volgens Benade gaan alles goed en behoort hulle binnekort te weet wat die oorsaak van die beroerte was.

Die sanger het Sondag op sy Facebook-blad gesê hy is sedert Donderdagmiddag in Kloof-hospitaal nadat sy pa en sy vrou, Melissa, met hom na ongevalle gejaag het.

“Ek is geseënd en so dankbaar om te sê dat die simptome alles al Donderdagmiddag verdwyn het en dat ek tot dusver nog glad nie newe-effekte ervaar het nie. Ek kan nie wag om hierdie storie te deel nie. Dis een wat getuig van God se goedheid en guns.”

As gevolg van die beroete kon Benade nie Vrydag vir sy dogtertjie sing toe sy een jaar oud geword het nie.

“Ek kon my dogtertjie sien op haar eerste verjaardag al was dit vinnig, maar dis werklik al waroor my hart seer is aangaande my laaste 4 dae. Ek sou baie gee om vir haar in haar kot “veels geluk” vir die eerste keer te kon sing, Vrydagoggend.”

Kyk die video hier.