Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die polisie ondersoek die moord op ’n Pakistani (48) wat gisteraand by sy huis op Burgersfort, Limpopo doodgeskiet is.
Die Pakistani, wat ’n spazawinkel in die gebied besit, was op pad huis toe van die werk af toe hy deur onbekende verdagtes naby sy huis doodgeskiet is. Gemeenskapslede het op die man se liggaam afgekom en die polisie gebel. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord, maar die motief vir die moord is nog onbekend.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om sers. Mmaritji Motla te skakel by 083 787 3005 of speurder kol. Elias Zwane by 082 449 0273 of Crime Stop by 08600 10111.
Bronne: SAPS



