Man geskiet, langs pad gelos

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (36) is Woensdagmiddag langs die pad in Starwood KZN geskiet en net daar vir dood gelos.

Die publiek het ‘n lid van Reaction Unit South Africa (Rusa) in kennis gestel en hulp is vir die ernstig beseerde man ontbied.

Rusa se paramedici is onmiddellik uitgestuur en het omstreeks 15:51 op die toneel aangekom. Die slagoffer is met ‘n enkele skietwond in sy buik aangetref.

Hy het Rusa-lede ingelig dat hy ‘n E-Hailing-diensverskaffer is en was op pad na ‘n kliënt op die hoek van Rydalvale-rylaan en Phoenix-hoofweg.

Met sy aankomsby die adres het twee mans hom gekonfronteer. Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen gehad en hom geskiet. Hulle het hom uit sy grys Kia Picanto met registrasienommer NJ 104 813 gesleep en langs die pad afgegooi. Die kapers het daarna in sy motor weggejaag.


Die slagoffer is op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ‘n hospitaal gehaas is.