Cosatu-betoging vir Donderdag sal deur Durban-CBD beweeg

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Cosatu gaan môre in Durban deur die CBD beweeg in die beplande nasionale betoging teen onder andere beurtkrag, die swak ekonomie, misdaad, korrupsie en kabeldiefstal.

Betogings word vir al nege provinsies beplan. Cosatu het gesê dit is ‘n beskermde betoging en’n seksie 77-betogingsertifikaat is aan hulle uitgereik om werkers te beskerm as hulle aan die betoging deelneem.

Daar is verskeie prosedures beplan vir elke provinsie wat die afgee van petisies betref. Petisies sal by regeringsgeboue, privaat besighede, munisipale kantore, die premiers, die SARB en parlement afgegee word.

Bronne: IOL, TimesLIVE, The Citizen

Lees ook: George-man dood in roof tydens beurtkrag