Alison Botha se aanvallers kry parool

Deel hierdie storie / Share this story

Die twee beskuldigdes, Theuns Kruger en Frans du Toit, wat 29 jaar gelede ‘n vrou verkrag en wreed vermink het, is Dinsdag op parool vrygelaat nadat hulle in 1995 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.

Alison Botha is in 1994 op die ouderdom van 27 jaar wreed aangeval. Sy is 30 keer met ‘n mes in die maag gesteek. Haar keel is ook met ‘n mes afgesny en sy het wonderbaarlik oorleef.

Botha het daarin geslaag om tot in ‘n teerpad te kruip en is deur ‘n verbygaande motoris opgelaai.

Volgens Singabalho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), is Kruger en Du Toit Dinsdag op parool vrygelaat.

Botha het intussen ‘n boek, I Have Life, geskryf en daar is ook ‘n rolprent oor haar lewe gemaak. Sy is wêreldwyd in aanvraag as motiveringspreker.