Die ma wat daarvan verdink word dat sy haar drie dogters vermoor het se saak is weer uitgestel.
Lauren Dickason se saak sou op 13 Julie voorkom, maar is tot 17 Julie uitgestel.
Die datum is glo weens ‘n konflik op die hofrol geskuif.
Dickason, ‘n mediese dokter, is in hegtenis geneem nadat sy glo haar drie dogters, Liane (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla, op 16 September 2021 vermoor het.
Dickason word sedertdien in ‘n psigiatriese eenheid van die Hillmorton-hospitaal in Christchurch Nieu-Seeland vir waarneming aangehou.



