Kevin Spacey beskryf as ‘glibberige’ man wat vermy moet word

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Kevin Spacey, die bekende akteur van House of Cards, het vandag vir die derde keer in die hof verskyn op aanklagte van die seksuele aanranding van vier mans.

Een van sy beweerde slagoffers het in die hof gesê Kevin Spacey is ‘n “glibberige” man wat jong mans moet vermy.

Die man wat met Spacey gewerk het in die vroeë 2000’s het gesê Spacey het aangebied om hom aan Hollywood-sterre bekend te stel, maar hy is voorheen gewaarsku om versigtig te wees vir Spacey.

Hy het gesê Spacey het hom ongemaklik laat voel deur hom te vra oor sy seksualiteit en toe het hy fisies aan hom begin vat. Daarna het Spacey aan sy privaatdele begin raak en Spacey het sy hande op sy eie privaatdele geplaas.

Spacey (63) is op borg uit en het onskuldig op alle aanklagtes gepleit. Die aanklagtes sluit seksuele aanranding, onsedelike aanranding en die aanklagte dat hy veroorsaak het dat ‘n persoon seksuele omgang sonder toestemming het, in.

Die verhoor, wat na verwagting vier weke sal aangaan, word vandeesweek voortgesit in die Southwark-hof.

Bronne: Euronews, BBC, Mail Online

Lees ook: Kevin Spacey in hof oor klagtes van seksuele aanranding