Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Twee verdagtes, 27 en 29, is in hegtenis geneem vir die moord op ’n wyksraadslid en die verkragting van sy meisie.
Die raadslid, Mzikayise Sakhi (45) en sy meisie was Sondag op pad huis toe van ‘n taverne in Dutywa in die Oos-Kaap toe die twee verdagtes hulle voorkeer. Sakhi is verwurg en sy meisie is na ‘n huis naby ‘n stadion geneem en verkrag.
‘n Saak van moord en verkragting word ondersoek. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Zoeloe-koning in hospitaal na moontlike vergiftiging



