Oorledene se familie gesoek deur Richmond-polisie

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Richmond-polisie het gevra vir hulp om die familie van ’n onbekende man wat raakgery is, in die hande te kry.

Die man, diep in die veertig, is op die R56 pad raakgery en in die Richmond-kliniek dood verklaar. Hy het ’n swart broek, swart T-hemp en grys baadjie aangehad ten tyde van sy dood.

Enigiemand met inligting oor die identiteit van die man of sy familie word gevra om speurder Kunene te skakel by 033 212 9458 of Crime Stop by 08600 10111.

Bronne: SAPS

Lees ook: Meisie naby Hermanus verkrag en vermoor, 600 buitelanders ontruim