Polisie op soek na verdagte in jong man se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is op soek na die verdagte(s) wat die naweek glo ‘n jong man vermoor het.

Craig van der Ventel (24) van Bellville-Suid, is glo Sondagaand aangeval toe hy van ‘n kuier op pad terug huis toe gestap het.

Volgens sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, lyk die misdaaad nie soos ‘n rooftog nie omdat Van der Ventel steeds al sy besittings gehad het.

Hy het ‘n skietwond in sy maag gehad en is op die toneel dood verklaar.

Indien jy inligting het oor die moord, kontak Crime Stop by 08600 1 0111.