Derick begin al stelselmatig eet

Deel hierdie storie / Share this story

Derick Hougaard, wat na 11 dae onder sedasie wakker geword het, “het klein happies begin eet,” sê sy vriendin, Nádine.

“Derick haal die afgelope 48 uur asem op sy eie! Hy is van die ventilator afgehaal, en hy het klein happies begin eet. Hy fluister egter nog wanneer hy praat en kry konstant suurstof. Na meer as twee weke in intensiewesorgeenheid, raak die longe maklik en vinnig moeg wanneer hul self moet asemhaal, so hy is baie uitgeput… maar hy wil begin loop en sy stembande terugkry.”

Hougaard het op 9 Junie gaan slaap en nie weer wakker geword nie. Hy is die dag daarna in die Steve Biko-hospitaal opneem en was onder sedasie.

Hoewel sy longe in dié tyd platgeval het, het hy op 23 Junie sy oë oopgemaak.