Die gewese rugbyspeler, Derick Hougaard, haal na twee weke weer self asem.
Volgens sy vriendin, Nádine, is die ventilator verwyder.
Hougaard het op 9 Junie gaan slaap en nie weer wakker geword nie. Nádine moes die Saterdagoggend die ambulans ontbied, waarna hy sedertdien onder sedasie was.
Hougaard, wie se longe intussen platgeval het, het egter vier dae gelede sy oë oopgemaak. Sy infeksietelling het ook afgeneem en hy neem antibiotika.



