Corlea Botha, sangeres wat geen bekendstelling nodig het nie, het gisteraand ‘n komiese gebeurtenis van haar “kombuiskunstenaar” op sosiale media gedeel.
Die plasing verduidelik dat JD Mars, Corlea se kêrel, self ‘n sous gemaak het en dat die bestanddele, soos wat op die foto’s gesien kan word, uit die vermenger “ontsna” het en die kombuis vol gespat het.
Corlea het darem krediet gegee dat die sous lekker was en dat wat gebeur het die vermenger se skuld was.
Lees haar plasing hier:
Jip. Dis hoe dit gaan hier in Casa Botha-Marais….
Ons wil mos Chili sous maak.
Dan blend die HELE kombuis saam….
Dit was ‘n groot skoonmaak – ek het stukkies chilli en tamatie ORAL gekry ![]()
Maar die eindproduk is darm FLIPPEN lekker!!!
Mooi my liefde JD Mars![]()
Dis lekker wanneer so iets gebeur, en my eerste instink is om te lag, en jy lag saam! Love you!
Ons blameer dit maar op die “blender”! ![]()
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



