Voëlkip-soektog duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is steeds besig met ‘n soektog na ‘n vermiste motoris nadat ‘n voertuig glo Donderdagmiddag van ‘n krans by Voëlklip, by Heroldsbaai in die Wes-Kaap, afgery het.

Volgens sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, bestaan die soekgeselskap uit verskeie nooddienste en is die soektog vanoggend met eerste daglig hervat.

Hy sê polisieduikers en nooddienste van die George-munisipaliteit is op die terrein en besig om aan die soek-en-herwinningsoperasie deel te neem.

Hommeltuie word ook ingespan om langs die kuslyn te soek.