Pa aangekla van drie boeties se dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van Ohio VSA word daarvan aangekla dat hy sy drie jong seuns doodgeskiet het.

Chad Doerman (32) het op 16 Junie tydens sy eerste hofverskyning erken dat hy die moorde beplan het en die kinders in ‘n ry voor hom laat sit het voor hy hulle doodgeskiet het.

Doerman, wat ook daarvan beskuldig word dat hy die seuns se ma by die gesin se huis gewond het, is aangekla van moord met verswarende omstandighede, berig Fox 11.

Die ma, wat nie geïdentifiseeer is nie, het glo histeries die nooddienste gebel, maar die seuns is op die toneel dood verklaar.

Doerman is dieselfde dag in hegtenis geneem en het glo geen berou getoon toe die polsie hom arresteer nie en het emosieloos op die huis se stoep gesit.

Doerman het Vrydag in die hof vertel dat een van die seuns probeer het om na ‘n nabygeleë veld te vlug, maar hy het sy seun “gejag” en hom na hul huis teruggebring voordat hy hom geskiet het.

Die seuns was sewe, vier en drie jaar oud.

Die rede vir die moorde is nog onbekend.