‘n Dokter van Kathu het Dondermiddag glo ‘n hond geskop dat die hond harsingskudding opdoen het.
Die eienaar van die hond, Leona van der Merwe, wat verskriklik getraumatiseer is na die voorval, vertel die dokter beweer die hond het hom gebyt en dis die rede dat hy die hond geskop het.
Van der Merwe vertel aan FiND iT dat die dokter die besigheid op die perseel waar sy bly besoek het toe sy haar twee mini-Pinschers uitgeneem het om hulle bene te gaan lig.

“Ek laat nooit die hondjie alleen buite loop nie omdat hule so klein is en ek bang is hulle raak weg of word gesteel.
“Ek het die hondjies uitgevat om te gaan om te gaan piepie toe die dokter, wat uit die besigheid gekom het, tussen my en die hondjies deurloop.”
Die dokter het toe die een hondjie geskop “omdat hy hom glo gebyt het.”
Van der Merwe sê die dokter het na ‘n rukkie saam met die polisie by die perseel opgedaag.
Van der Merwe het intussen haar hond veaarts toe geneem wat bevestig het die hond het harsingskudding.
Sy het ook ‘n saak by die polisie geopen.
FiND iT het die dokter genader vir kommentaar.



