Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Twee verdagtes is gister in Mpumalanga in hegtenis geneem met vermoedelik gesteelde sojabone in hulle besit.
Die twee verdagtes was glo by die Petrus Steyn-silo’s met gehuurde trokke om sojabone op te tlaai. Die trokke is nooit na die weegbrug geneem nie en die werknemers het die polisie en ander boere gebel. Die verdagtes is voorgekeer en die sojabone, tot die waarde van R450 000, is teruggekry.
Die verdagtes sal môre in die Reitz-landdroshof verskyn op aanklagtes van die besit van gesteelde eiendom.
Bronne: SAPS
Lees ook: Scopa hoor Eskom-raad het geen rede gehad om André de Ruyter te wantrou nie



