Ramey Short word pa, en dis ‘n seuntjie!

Deel hierdie storie / Share this story

Ramey Short, die Suid-Afrikaanse akteur, bekend vir rolle soos dr. Quenton op Binnelanders, word pa. Die akteur het die nuus Maandagoggend op sy Facebook-blad gedeel.

“Ons is baie opgewonde om hierdie spesiale nuus uiteindelik met julle te kan deel! Baba Short word 16 Desember 2023 verwag & ons eersteling is ‘n seuntjie!,” skryf die akteur op Facebook.

Short en sy vrou, Loricia Short, het in September 2022 getrou.